PRESS ROOM - NEWSPAPER ARTICLES

 1 2  
ARTICLES

HDL Suid-Afrika se kleinhandelkoning
HDL-juweliers weer eerste ná 20 jaar
Positiwiteit kweek sukses
Nuwe logo en identiteit vir bekende juweliers
Nuut vir Kinders
Nou die regte tyd om diamante te koop
Kompetisie vir matrieks het gesluit
From Hobby to Business
Dit gaan oor stylvolle tydloosheid
Diamante is vir altyd HDL redaksie
Beleggers staan tou vir Diamante

 1  
HDL SUID-AFRIKA SE KLEINHANDELKONING

20 April 2007

Vida Booysen, Bloemfontein

Die voorste kleinhandelaar in Suid-Afrika is ’n gesinsonderneming van Bloemfontein.

HDL-juweliers het eergisteraand op ’n spogdinee in Johannesburg die nasionale kleinhandelaar van die jaar-eerbewys van die Suid-Afrikaanse raad van winkelsentrums (SACSC) ontvang.

Die onderneming is in 1977 deur mev. Dolores Laubscher en haar man Hermias op hul plaas Rooikraal begin. Vandag is hul seuns, Johan en Pieter, aan die stuur van die onderneming wat uit die Mimosa Mall in Bloemfontein bedryf word.
“Hierdie eerbewys is soos die Oscars van die kleinhandelbedryf,” sê mnr. Danie de Goede, voorsitter van die sentrale streek van SACSC en bestuurder van Mimosa Mall in Bloemfontein.

De Goede het HDL vir die kompetisie benoem en hulle is in November verlede jaar as streekfinaliste aangewys voordat hulle vanjaar teen vyf ander streekfinaliste te staan gekom het. Hy sê die prestasie bewys dat kleiner sentra nie hoef terug te staan vir groter streke en gevestigde winkelsentrums nie.

Volgens mnr. Johan Laubscher, mededirekteur van HDL, span die eerbewys die kroon op jare se harde werk en ’n gesin se groot passie vir die juweliersbedryf. “Ek is so trots daarop dat die tweede geslag dit reggekry het om Bloemfontein op nasionale vlak te laat uitstyg nadat my ma in 1987 as sakevrou van die jaar bekroon is. My ma sê juis dat sy ná hierdie prestasie bykans 20 jaar later weet dat sy gerus oor die toekoms kan wees .”

Laubscher sê groot uitdagings word aan die tweede geslag van ’n gesinsonderneming gestel.

“Ons het ’n suksesvolle onderneming oorgeneem en ’n mens is altyd bang jy stel jou ouers teleur. My ma het ’n hoë standaard gestel, maar sy het ons ook die afgelope 15 jaar toegelaat om die onderneming met groot passie in nuwe rigtings te stuur.”

Passie en ’n groot dosis positiwiteit het volgens Laubscher die deurslag gegee. Hulle is beoordeel op kriteria soos diens, hantering van klante, die navolg van die nuutste neigings in hul uitstalruimte en die kundigheid van hul personeel. Beoordelaars het ook die winkel onaangekondig besoek om die ware toedrag van sake te bepaal.

Dit is die eerste keer dat die SACSC die eerbewys landwyd toeken en volgens me. Kirsten Love, woordvoerder, is die eerbewyse ’n inisiatief van die raad om diensverskaffers en kleinhandelaars landwyd te beloon en dienslewering aan te moedig in ’n bedryf wat die vierde grootste bydraer tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is.