WeCreativez WhatsApp Support
Our customer support team is here to answer your questions. Ask us anything!
Hi, how can I help?

NUWE LOGO EN IDENTITEIT VIR BEKENDE JUWELIERS

NUWE LOGO EN IDENTITEIT VIR BEKENDE JUWELIERS

HDL Vervaardigende Juweliers gaan weer met nuwe en moderne idees vorendag kom en mense verras met sy inisiatief om onder een dak in twee afdelings te spesialiseer.

In die nuwe Mimosa Mall kry voornemende klante onder meer die geleentheid om in die een deel van die winkel uit ‘n groot verskeidenheid diamant- en verloofringe te kies. In ‘n ander deel is ‘n spesiale ruimte waar ringe geteken en ontwerp sal word volgens die klant se behoefte en smaak.

Op ‘n tussenvloer in die winkel is kantore ingerig waar die klant in privaatheid kan kies uit gekleurde stene en/of los diamante.

Die ander deel van die winkel bestaan uit spesialiteitshorlosies wat nuut in die Vrystaat is. Dié deel sal bekend wees as TIME@HDL en ‘n groot verskeidenheid duursame horlosies word hier te koop aangebied.

Verder is daar ‘n deel waar die man in ‘n ontspanne atmosfeer kan sit en wag terwyl sy vrou na juweliersware kyk.
Met die opening van die hooftak in die nuwe Mimosa Mall sal HDL se nuwe korporatiewe identiteit bekend gestel word. ‘n Nuwe logo is ontwerp, maar die bekende leuse – Die familie waarop jy kan vertrou – bly dieselfde.

Mnre. Pieter en Johan Laubscher van HDL sê met die aanhoudende veranderende en verbeterde tegnologie sorg hulle dat hul klante nooit oor hul kundigheid of die gehalte wat die winkel bied, hoef te twyfel nie. Klante sal steeds hul kosbaarste besittings in hul betroubare sorg kan laat. ‘n Digitale foto van ‘n diamant sal op aanvraag geneem word.

Share this post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *