WeCreativez WhatsApp Support
Our customer support team is here to answer your questions. Ask us anything!
Hi, how can I help?

NOU DIE REGTE TYD OM DIAMANTE TE KOOP

NOU DIE REGTE TYD OM DIAMANTE TE KOOP

DIT is nou die regte tyd om diamante en diamantringe te koop vir beleggingsdoeleindes as gevolg van die sterk rand/dollar-wisselkoers, sê mnr. Johan Laubscher van HDL.

HDL het ook ’n wye reeks los diamante om te verkoop. Dié diamante wissel van onder ’n karaat, 0.40 tot 1.5 karaat.
Laubscher sê wat dit anders maak om by hulle te koop is dat hulle altyd probeer om die kliënt eers op te lei in hoe om ’n diamant te koop. ’n Mens kyk na die snit van die diamant, sy kleur, sy suiwerheid en gewig (karaat).

Hy sê hulle het sopas weer teruggekeer van ’n buitelandse wêreld-juwelierskou waar verteenwoordigers was van juweliers van regoor die wêreld. Daar het hulle weer unieke geleentheid gekry om juweelstukke met die hand uit te soek.

“Ons het veral met unieke verloofringe teruggekom. Dié ingevoerde verloofringe is uniek omdat ons met net een van ’n spesifieke ring teruggekeer het. Niemand kan só ’n unieke hoogs-gespesialiseerde ring wat in die buiteland gemaak is, namaak nie. Die ringe se pryse begin by R8 000 en daar is ’n wye reeks van die oorsese ringe vir minder as R20 000.
Dit is almal unieke handvervaardigde verloofringe wat hoofsaaklik in witgoud ingevoer is.

Bo en behalwe die ingevoerde ringe, vervaardig HDL ook in sy werkwinkel in Bloemfontein besonderse ringe na die kliënt se smaak.

Laubscher sê hulle het ook groot varswater pêrels van die buiteland af gebring wat nou baie gewild onder die jongmense is. “Pêrels is verseker nie uit die mode nie en vir die jonger geslag voer HDL juis nou groter varswater pêrels in wat modern lyk en wat enigiemand kan dra.”

HDL het ook ’n groot verskeidenheid silwerjuweliersware beskikbaar wat wissel van oorbelle en hangers. Ringe met gekleurde stene is ook van die items wat van die buiteland af saamgebring is.

Share this post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *