WeCreativez WhatsApp Support
Our customer support team is here to answer your questions. Ask us anything!
Hi, how can I help?

BELEGGERS STAAN TOU VIR DIAMANTE

BELEGGERS STAAN TOU VIR DIAMANTE

Nou die tyd om diamante te koop !!

Maak seker dat jy weet wat jy koop

Dit is nou die tyd om ingevoerde diamantringe of los diamante te koop omdat die Rand so sterk is teenoor die doller. Dit kan die kliënt ‘n taamlike hoeveelheid geld spaar as hy in hierdie tyd beplan om ‘n diamant te koop. By HDL Juweliers is daar ‘n groot reeks los diamante teen bekostigbare pryse. “Die meeste van ons kliënte (sowat 50 % ) koop reeds vervaardige diamantringe. Ander verkies egter hulle eie ontwerp, so ons vervaardig graag vir hulle die ring en hulle kies ‘n steen uit ons versameling wat die beste in die setting sal pas,” vertel Johan Laubscher van HDL Juweliers. “Daar is egter ook in hierdie tyd heelwat mense wat los diamante koop as ‘n belegging en ons kan hulle ook help.”

Voordat jy egter uitgaan en ‘n diamant koop, vra die broers van HDL Juweliers dat jy hulle besoek vir opleiding oor diamante. Jy moet onder andere op die uitkyk wees vir die vier C’s – (Dit is Clarity, Carat, Colour en Cut oftewel die diamant se helderheid, karaat gewig, kleur en snit). Die beste diamante is dié wat volgens die ideal cut-metode geslyp is, en HDL Juweliers is verspreiders van hierdie Ideal cut diamante. HDL Juweliers lewer graag sertifikate vir diamante wat kliënte deur hulle aankoop en kliënte kan dus gerus wees oor die egtheid en beskrywing.

“‘n Diamant is die enigste ding wat jy kan koop wat vir ‘n honderd jaar gaan hou,” beklemtoon Mnr. Johan Laubscher. “Dit opsigself is nogal iets om te oorweeg – die perfekte belegging.”

Die broers van HDL Juweliers het sopas teruggekeer van ‘n internasionale juwelierskou waarop hulle verskeie verloofringe met die hand uitgesoek en teruggebring het. Die ringe het elkeen ‘n unieke ontwerp en kan nie nagemaak word nie. Besoek gerus vir HDL Juweliers om hierdie eiesoortige ringe te besigtig of om meer oor die perfekte diamant te leer.

Share this post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *