WeCreativez WhatsApp Support
Our customer support team is here to answer your questions. Ask us anything!
Hi, how can I help?

DIAMANTE IS VIR ALTYD HDL REDAKSIE

DIAMANTE IS VIR ALTYD HDL REDAKSIE

Diamante is vir Ewig

As jy praat met die broers van HDL, kom jy dadelik agter hoe ernstig hulle oor die keuse van ‘n verloofring is.

Tradisioneel was dit die man wat besluit het, rondgekyk het en die ring gekoop het, maar tye het verander. Deesdae is dit meer van ‘n spanpoging.

As jy iets duur of belangrik koop, soos ‘n huis of ‘n motor, wil jy graag soveel as moontlik agtergrond daaroor hê, sodat jy vergelykings kan tref. Hoekom nie dieselfde met ‘n ring of ‘n diamant nie?

As jy in die mark is vir ‘n diamantring is daar twee dinge om te oorweeg. Montering en diamant.

Die Montering

Met vandag se tegnologie, is dit maklik om navorsing te doen oor montering. Jy google eenvoudig ‘n beskrywing van die ring wat jy verlang, en daar is duisende prentjies waaruit jy reeds ‘n idee kan vorm waarvan jy hou. Daar is ook baie paartjies wat dus op sy stoep arriveer met prente van wat hulle graag wil hê, vertel Johan Laubscher van HDL Juweliers.

Wat kliënte minder dikwels weet, is dat ons hulle kan help om die bruid se hand te ontleed. Sekere ringe lyk beter aan lang maer litte en ander lyk weer beter aan korter, fyn vingers. Ons kan byvoorbeeld, met die keuse van ‘n ontwerp, aan kort vingertjies lengte gee, sê Laubscher.

Jongmense moet besef dat ‘n verloofring tydloos moet wees. ‘n Sierring is iets wat jy koop vir ‘n verjaarsdag, vir kerk of vir ‘n doop. As ‘n mens dink aan ‘n rok met te veel valletjies of ‘n motor met baie ekstra goedjies, kry jy nie die idee van tydloosheid nie. ‘n Verloofring moet nie vir sier gedra word nie. Dit is ideaal as dit in die familie vererf kan word.

Daar is niks fout daarmee om ‘n familiediamant in te bring om in ‘n nuwe montering te sit nie, voel die broers van HDL. Maar as jy nou reg koop, kan dit oor geslagte heen vreugde bring.

Daar is ‘n wye verskydenheid metale om van te kies en deesdae het mense ‘n voorkeur vir wit metale soos platinum, 9 karaat witgoud en 18 karaat witgoud (wat die mees gewilde keuse is). Op hierdie punt is dit belangrik om te verstaan dat enige metaal ‘n allooi is (of samevoeging van elemente). Daar kan so baie toevoegings van swak allooie voorkom en dit is dus uiters belangrik dat jy jou handelaar moet vertrou. 18 karaat goud beteken dat die allooi 750 dele goud moet bevat.

Jy wil nie met dieselfde rok as iemand anders by die partytjie aankom nie, waarom dan tevrede wees met dieselfde ring as duisende ander? Hoewel HDL dertig jaar terug al hulle eie ringe gemaak het, vervaardig hulle nou net die helfde van hulle voorraad. Die ander word ingevoer. Dit is omdat jy vir sekere tipes ringe ‘n geweldig gespesialiseerde produksielyn nodig het en dus is dit beter om hierdie ringe in te voer.

Die Diamant

Wanneer kom jy agter dat jy ‘n swak diamant gekoop het? Dis eenvoudig. Jy kom dit agter as jy langs ‘n vriendin sit en sien dat haar diamant meer blink as joune. Met diamante is goedkoop koop eintlik duurkoop. ‘n Diamant kry vreeslik gou sentiment by die betrokke partye. Selfs as die meisie nie so baie hou van die ring wat haar aanstaande vir haar uitgesoek het nie, is sy onmiddellik sentimenteel daaroor. Daar is ‘n sterk emosionele waarde daaraan. Dus kan die familie – oor sentiment – met ‘n minderwaardige steen sit vir ewig…

HDL beskik oor ‘n werkswinkel met sowat 20 vakmanne wat juwele vervaardig en ‘n gemiddelde ring neem ongeveer twee weke om te voltooi (of maksimum drie weke in baie besige seisoene). Ons het nog nooit ‘n ring gehad wat nie betyds klaar was nie, herinner Johan Laubscher. Kom gesels eerder vooraf met die broers van HDL. Vra vrae en leer uit hulle ondervinding. Kies reg die eerste keer.

Share this post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *