WeCreativez WhatsApp Support
Our customer support team is here to answer your questions. Ask us anything!
Hi, how can I help?

DIT GAAN OOR STYLVOLLE TYDLOOSHEID

DIT GAAN OOR STYLVOLLE TYDLOOSHEID

DIT is baie belangrik om voorbereid te wees voor ’n voornemende bruid en bruidegom ’n juwelier besoek oor die aankoop van hul verloofring.

Met vandag se tegnologie kan jy die internet en boeke gebruik om reeds ’n prentjie te vorm.

So sê mnre. Johan en Pieter Laubscher van HDL-juweliers in die Mimosa Mall. HDL-juweliers is in 2006 aangewys as Suid-Afrika se Kleinhandelaar van die Jaar en die twee broers is beslis baie kundig.

Hulle sê nadat voorbereiding gedoen is, is dit belangrik om die regte juwelier te kies wat jy dink die skets of plan die beste in die ware Jakob sal omskep. Wanneer dit gedoen is, nadat die kliënt spesifiek na HDL-juweliers ingekom het, is die eerste ding wat gaan gebeur om die behoefte van die kliënt te bepaal. Die behoefte word in twee hoofkomponente opgebreek: . Wat pas die best op sy of haar hand. . Begroting van die kliënt. Die Jewellery Council of South Africa meen ’n man moet so twee maande se salaris kan afstaan op ’n goeie verloofring. Dit is volgens hulle die prys om te betaal.
Die Laubscher-broers sê om te kyk wat die beste op iemand se hand pas, word die hand ontleed omdat daar verskeie soorte verloofringe is. Die twee hoofgroepe is simmetriese en asimmetriese ringe.

“Ons   oumas   en oupas dra meestal solitaire-ringe. Dit is ’n pand met een steen. Dit is ook ’n simmetriese ring. Jou solitaire-ring en simmetriese ring bly op die einde van die dag die mees tydlose ring.

“Dit is belangrik dat ’n mens ’n rok of ’n sierring kan verander soos wat die mode verander.

“Die tweede groep ringe is asimmetriese ringe. Hier word van moderner lyne gebruik gemaak en kan spesifiek gekyk word na die lengte van die vingers op die hand. As die ring met ’n punt na voor gemaak word, gee dit lengte op die vingers en hand. Die uitsoek van ’n montering maak slegs die helfte van die verloofring uit, omdat die diamant nog uitgesoek moet word. Dit is baie belangrik om die regte diamant te koop, omdat jy in jou leeftyd dalk nog van die montering gaan verander, maar jou diamant gaan vir geslagte bly.”

Die Laubscher-broers sê daar is vier komponente om na te kyk as jy ’n diamant koop. Daar word in die wêreld van die vier C’s van die diamant gepraat. Dit is sy cut (snit), colour (kleur), clarity (suiwerheid) en die carat (gewig).

“Wanneer voornemende ringkopers HDL-juweliers besoek, maak ons seker dat hulle die vier C’s goed verstaan. Pasop om nie in die slagyster van goedkoop is duurkoop te trap nie, omdat daar nog een baie belangrike faktor is wat in gedagte gehou moet word bo en behalwe die vier C’s. Dit is die Standard Ideal Cut (ideaal geslyp).”

Die Laubschers verduidelik: “Die ongeslypte diamant is kristalvormig wanneer dit uit die grond kom. Net ’n sekere grootte steen kan uit die ongeslypte diamant geslyp word as dit reg geslyp word. Dit gebeur soms dat die slyper ’n groter steen uit die ongeslypte diamant wil probeer uitslyp en dan kry hulle ’n te diep of te vlak snit wat die diamant uit die ideaalgeslypte-kategorie laat val.”

Maar wat beteken dit alles? Dit beteken as jy langs jou vriendin gaan sit en ringe vergelyk, dat jou ring wat nie in die ideaalgeslyptekategorie val nie, dof en vaal teenoor die ring van jou vriendin gaan lyk. ’n Mens kom dit eers agter wanneer jy die twee stene met mekaar vergelyk.

“Dit is laastens belangrik dat die ring deur ’n gekwalifiseerde vakman met jare se ondervinding gemaak sal word.
“Net die beste metale moet gebruik word. Platinum en witgoudmetale is beslis nou in die mode. Ons ontwerp ringe volgens jou behoefte en styl.”

Die Laubschers sê ’n mens kry massa-produksieringe waar daar massas van dieselfde ring is en jy kry gespesialiseerde handgemaakte ringe, waarvan daar net een in omloop is.

Dit is laasgenoemde ringe waarin HDL-juweliers spesialiseer. . Mnr. Johan Laubscher sê hy het onlangs twee van die wêreld se grootste juwelierswareskoue in Bangkok en Hongkong bygewoon waar hy veral silwer- en pêreljuweliersware vir HDL-juweliers gaan aankoop het. Dit is baie unieke juweliersware. . Mnr. Pieter Laubscher sê hy was in Basel, Switserland, op ’n groot   horlosieskou waar uitsoekhorlosies ten toon gestel en verkoop is soos dié van   Tag Heuer.

“Ons   is ambassadeurs van Tag Heuer in Suid-Afrika en albei van   ons   het Tag Heuer-opleiding in Switserland deurloop sodat ons eerstehandse diens oor die produk aan ons kliënte kan gee.” . Mnr. Johan Laubscher sê hy gaan binnekort na Las Vegas in Amerika waar hy spesifiek gaan kyk na die nuutste modegiere van verloofringe. HDL-juweliers verkoop daagliks baie unieke en eksklusiewe verloofringe. “Ons bring vir Bloemfonteiners die nuutste van oor die wêreld hierheen. Die ringe wat HDL-juweliers van Amerika invoer, is in ’n klas van hul eie.”

HDL-juweliers het ’n groot werkwinkel met sewe goudsmede in Bloemfontein om plaaslik in klante se behoeftes te voorsien.

Hy sê hulle het ’n verbintenis met verskeie motorhandelaars in Bloemfontein waar Tag Heuer-trofeë voorsien word en die verkoopsman met ’n Tag Heuer-horlosies vir prestasie beloon word.

Die Laubscher-broers sê by HDL-juweliers in Bloemfontein gaan dit oor stylvolheid en tydloosheid.

Share this post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *