HDL-JUWELIERS WEER EERSTE NÁ 20 JAAR
TWINTIG jaar nadat mev. Dolores Laubscher as die eerste Kleinsakevrou van die Jaar aangewys is, is die familie-onderneming HDL-juweliers as die eerste nasionale Kleinhandelaar van die Jaar aangewys. Volgens mnr. Johan Laubscher, mededirekteur van HDL, is dit werklik spesiaal dat die onderneming met hierdie nuutste eerbewys voortbou op die uitstekende produkte en diens wat klante deur die jare van dié onderneming leer ken het. HDL-juweliers het vroeër vandeesmaand op ’n spogdinee in Johannesburg die nasionale Kleinhandelaar van die Jaar-eerbewys van die [...]