WeCreativez WhatsApp Support
Our customer support team is here to answer your questions. Ask us anything!
Hi, how can I help?

Press Room – Newspaper Articles


ARTICLES

BELEGGERS STAAN TOU VIR DIAMANTE

Nou die tyd om diamante te koop !! Maak seker dat jy weet wat jy koop Dit is nou die tyd om ingevoerde diamantringe of los diamante te koop omdat die Rand so sterk is teenoor die doller. Dit kan die kliënt ‘n taamlike hoeveelheid geld spaar as hy in hierdie tyd beplan om ‘n diamant te koop. By HDL Juweliers is daar ‘n groot reeks los diamante teen bekostigbare pryse. “Die meeste van ons kliënte (sowat 50 % ) koop [...]

DIAMANTE IS VIR ALTYD HDL REDAKSIE

Diamante is vir Ewig As jy praat met die broers van HDL, kom jy dadelik agter hoe ernstig hulle oor die keuse van ‘n verloofring is. Tradisioneel was dit die man wat besluit het, rondgekyk het en die ring gekoop het, maar tye het verander. Deesdae is dit meer van ‘n spanpoging. As jy iets duur of belangrik koop, soos ‘n huis of ‘n motor, wil jy graag soveel as moontlik agtergrond daaroor hê, sodat jy vergelykings kan tref. Hoekom nie dieselfde [...]

DIT GAAN OOR STYLVOLLE TYDLOOSHEID

DIT is baie belangrik om voorbereid te wees voor ’n voornemende bruid en bruidegom ’n juwelier besoek oor die aankoop van hul verloofring. Met vandag se tegnologie kan jy die internet en boeke gebruik om reeds ’n prentjie te vorm. So sê mnre. Johan en Pieter Laubscher van HDL-juweliers in die Mimosa Mall. HDL-juweliers is in 2006 aangewys as Suid-Afrika se Kleinhandelaar van die Jaar en die twee broers is beslis baie kundig. Hulle sê nadat voorbereiding gedoen is, is dit belangrik [...]

FROM HOBBY TO BUSINESS

In 1975 on a farm 50 km north of Bloemfontein, Dolores Laubscher started making rings as a hobby. At first she only made rings for her friends and neighbours. It wasn’t long before her husband joined her and their creations became very popular, to such an extent that within two years, production for the market became a reality. In 1977 the business was registered as HDL Diamond Dealers (with ‘H’ representing Hermias, ‘D’ for Dolores and ‘L’ for their [...]

KOMPETISIE VIR MATRIEKS HET GESLUIT

Sobeth Jordaan DIE Matrikulant van die Jaar-kompetisie wat deur Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied word, het gesluit. Alle inskrywings wat betyds ontvang is, sal nog in die koerant gepubliseer word. Dié kompetisie is vir veelsydige matriekpresteerders wat volgende jaar Kovsies word. Ruim studiebeurse en groot pryse wag op die finaliste wat tot die eindronde deurdring. Die Kovsie-Alumni Trust is die hoofborg van dié kompetisie en skenk R62 500 – dit is 25 beurse van R2 500 elk – aan die [...]

NOU DIE REGTE TYD OM DIAMANTE TE KOOP

DIT is nou die regte tyd om diamante en diamantringe te koop vir beleggingsdoeleindes as gevolg van die sterk rand/dollar-wisselkoers, sê mnr. Johan Laubscher van HDL. HDL het ook ’n wye reeks los diamante om te verkoop. Dié diamante wissel van onder ’n karaat, 0.40 tot 1.5 karaat. Laubscher sê wat dit anders maak om by hulle te koop is dat hulle altyd probeer om die kliënt eers op te lei in hoe om ’n diamant te koop. ’n Mens kyk [...]

NUUT VIR KINDERS

Vir diegene wat nog altyd hulle eie juwele wou skep, is daar nou ‘n oplossing. Die Bacio reeks (Bacio beteken ‘soen’ in Italiaans), gee jou die vryheid om jou eie storie op te maak en jou persoonlikheid af te wys in kwaliteit juwele wat jy self bou! Die Kinderreeks is besonder spesiaal. Kraletjies is gemaak van sterling silwer of ‘n kombinasie van emalje, murano glas en edelstene. Jy kan ‘n armband, halsnoer en selfs oorbelletjies maak en elke stuk het [...]

POSITIWITEIT KWEEK SUKSES

Tharine Geldenhuys OP die plaas Rooikraal het Dolores Laubscher besluit om “net R500 per maand ekstra vir myself bymekaar te maak”. Met ’n belangstelling in die juweliersmark en geen kennis daarvan nie, het sy honderde briewe na juweliers geskryf om meer uit te vind oor hoe om ’n goudsmid te word en om juwele uit haar plaashuis te bemark. Slegs twee het geantwoord en met R500 wat sy uit die boerdery geleen het, het sy toerusting en goud gekoop om [...]

NUWE LOGO EN IDENTITEIT VIR BEKENDE JUWELIERS

HDL Vervaardigende Juweliers gaan weer met nuwe en moderne idees vorendag kom en mense verras met sy inisiatief om onder een dak in twee afdelings te spesialiseer. In die nuwe Mimosa Mall kry voornemende klante onder meer die geleentheid om in die een deel van die winkel uit ‘n groot verskeidenheid diamant- en verloofringe te kies. In ‘n ander deel is ‘n spesiale ruimte waar ringe geteken en ontwerp sal word volgens die klant se behoefte en smaak. Op ‘n tussenvloer [...]

HDL-JUWELIERS WEER EERSTE NÁ 20 JAAR

TWINTIG jaar nadat mev. Dolores Laubscher as die eerste Kleinsakevrou van die Jaar aangewys is, is die familie-onderneming HDL-juweliers as die eerste nasionale Kleinhandelaar van die Jaar aangewys. Volgens mnr. Johan Laubscher, mededirekteur van HDL, is dit werklik spesiaal dat die onderneming met hierdie nuutste eerbewys voortbou op die uitstekende produkte en diens wat klante deur die jare van dié onderneming leer ken het. HDL-juweliers het vroeër vandeesmaand op ’n spogdinee in Johannesburg die nasionale Kleinhandelaar van die Jaar-eerbewys van die [...]

HDL Suid-Afrika se kleinhandelkoning

Vida Booysen, Bloemfontein Die voorste kleinhandelaar in Suid-Afrika is ’n gesinsonderneming van Bloemfontein. HDL-juweliers het eergisteraand op ’n spogdinee in Johannesburg die nasionale kleinhandelaar van die jaar-eerbewys van die Suid-Afrikaanse raad van winkelsentrums (SACSC) ontvang. Die onderneming is in 1977 deur mev. Dolores Laubscher en haar man Hermias op hul plaas Rooikraal begin. Vandag is hul seuns, Johan en Pieter, aan die stuur van die onderneming wat uit die Mimosa Mall in Bloemfontein bedryf word. “Hierdie eerbewys is soos die Oscars van die [...]